JUFFROU LAMA SE FOTORAAM

Hoe kan ek laat ons Gr 1 juffrou aftree sonder om vir haar iets spesiaal te maak? en dan - hoe kies jy wat om te gee?

Ons juffrou is die grondslagfase departementshoof, sy is n maatstaf van juffrou wees. Sy het met liefde en geduld my twee rakkers deur die eerste jaar van skool gehelp, met al sy ups en downs, en hulle is VREESLIK lief vir haar.

Ek kan net dink die herhenniringe wat so n loopbaan inhou. Juffrou-wees is mos nie net n werk nie, dis n roeping. Jou kolegas is jou familie en daai kindertjies is jou kinders. Ek weet dis hoe ons juffrou daaroor voel

Ek wil graag vir haar iets gee waarin sy haar herhinnreringe kan saamdra om die afskeid miskien n bietjie makliker te maak. Ek het voorheen nog net een keer so n raampie gemaak, vir my ma, en sy koester dit as n manier om al haar kleinkinders by haar te hou. Ek dink toe dit is nou ideaal vir hierdie situasie

Ek dink Juffrou sal dit geniet om die fototjies of prentjies saam te dra. Mens kan n klomp inpas en saamdra en omruil soos jy lus is. My meisiekind het ook vir haar geliefkoosde juffrou 'n paar prentjies geteken om daarin te sit

die fotos is 20x15mm en mens  kan sommer n hele bladsy volmaak en laat  print. juffrou kan nou nog klomp fotos print en haar kleinkinders vra om ook prentjies te teken. Dalk wil die kinders in die klas ook nog 'n bietjie vir haar prentjies teken in die laaste paar dae van skool

Liewe juffrou Lama. Geniet jou aftrede, geniet laat slaap en see toe gaan en speel met die kleinkinders. kyk mooi na jouself. Daar bly vir altyd 'n spesiale plek in ons harte vir jou

xxx Die Celliers

2 comments

  • Oneindig kosbaar. Lekker huil ek nou

    Juffrou Lama
  • Kosbaar!

    René Marais

Leave a comment

Name .
.
Message .